Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Boknes Waterbesparings-projek

 

Die Belastingbetalers-vereniging be-oog om ‘n aantal watertenks op te rig by die Daniel Scheepers-Saal .

Die dakoppervlakte van die saal is groot genoeg om moontlik tussen 10 en 20  watertenks te vul in een seisoen.

 

Beplanning:

Fase 1: om tien 5,000 liter tenks op te rig agter saal om te dien as reservoir vir inwoners indien die water-voorsiening van bestaande skema versaak of buite werking raak, hetsy pompversaking of Eskom voorsiening-onderbreking.

Fase 2: verdere 10 tenks met dan totale storing van 100,000 liter.

U vriendelike samewerking, donasie van een tenk of finansië bydra sal hoog waardeer word.

Teenprestasie:  1. Lys van donateurs sal vertoon word, indien u dit verkies.

                       2. Besighede se Logo sal op tenk aangebring word.

 

Hierdie vereniging sal platvorm en pypwerk doen.

NB: Die waterstoor-projek is ‘n belegging vir die toekoms en ons nageslag sal nog voordeel hieruit kry.

Kontakte vir projek:

  1. Voorsitter Piet Vosloo 0832505512

September 2017